- Country
- South Africa
- Language
- English
- Released
- 2026-11-05
- Runtime
- 3m 31s
- Viewers
- 2,198
Storyline
“Ek leef in die oomblik, ek leef vir die geraas. Sterf in die stilte as jy gaan.” TUSSEN DIE STILTE EN GERAAS het ek myself al soveel keer gevind en verloor, dat ek soms nie meer weet watter dele van my nog heel is nie. ——— Ek dink een van die wreedste dinge van die lewe is dat ons nooit weet wanneer ons iets vir die laaste keer beleef nie. Die laaste keer wat jy iemand vashou. Die laaste keer wat jy hulle stem hoor. Die laaste keer wat alles nog normaal voel. En die ergste is, jy weet nie dis die laaste keer terwyl dit gebeur nie. “BLIKSEM DIT GAAN SEER WEES” is nie noodwendig ’n liedjie oor iemand wat jou verlaat het nie. Dis ’n liedjie oor die vrees om iemand te verloor wat nog hier is. Of dalk is dit oor iemand wat reeds weg is, soms vind ek eers jare na die tyd uit waaroor ek skryf. Die song gaan oor daardie vreemde oomblikke wanneer jy langs iemand lê, na hulle asemhaling luister en skielik besef hoe broos alles eintlik is. Hoe iemand wat vandag jou hele wêreld is, môre dalk net ’n herinnering kan wees. Ons is so besig om te leef dat ons soms vergeet hoe vinnig alles kan verander. Ons jaag agter more aan, asof môre aan ons belowe is. En miskien is dit wat hierdie liedjie vir my beteken. Nie net die pyn van afskeid nie, maar die liefde wat maak dat afskeid so verskriklik seer kan wees. Want om iemand so lief te hê dat die gedagte aan ’n lewe sonder hulle jou bang maak, is seker een van die mooiste en wreedste dele van menswees. Ek het al baie liedjies geskryf oor dinge wat seergemaak het. Hierdie een gaan oor iets wat nog nie gebeur het nie. En dalk is dit hoekom hy so seermaak. As jy vandag gelukkig genoeg is om iemand te hê wat jou wêreld ’n bietjie minder donker maak, gaan hou hulle ’n bietjie langer vas. Sê vir hulle jy’s lief vir hulle. Moenie wag vir ’n laaste keer om te besef wat jy gehad het nie. ———— partykeer is die hartseerste liedjies nie oor mense wat weg is nie, maar oor mense wat ons nooit wil verloor nie. Dankie dat julle m














![Christina Shusho - Thamani Ya Wokovu (Official Audio) SMS [Skiza 7119932] to 811](/api/img?w=400&u=https%3A%2F%2Fpbcdn.aoneroom.com%2Fimage%2F2025%2F07%2F08%2F4a349a30dbc859694879c1f2d6e9a493.jpg)



![Michael Bublé - Have Yourself A Merry Little Christmas [Official HD]](/api/img?w=400&u=https%3A%2F%2Fpbcdn.aoneroom.com%2Fimage%2F2024%2F10%2F21%2F67d767366b656206e397180c1948526c.jpg)
